Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Sy hande staan vir niks verkeerd
Moses Muller

Waar ek en jy ’n roomysbak of ’n dennebol as bloot net dit sien, sien Moses Muller (55) van Kylemore dit as dinge waarmee hy kuns kan maak.

Moses is ’n veelsydige kunstenaar wat onder meer handsakke van rugbyballe, rieldansers en diere van dennebolle, hangertjies van krale en blompotte van draad maak.

Sy talent om basies enigiets uit enigiets te maak en sy toewyding om ander ook hierdie vaardighede te leer, is wat hom vanjaar ’n e’Bosch-eretoekenning besorg het.

In haar benoeming van Moses vir die prys het Anna Kruger, eienaar van iThemba Curios waar van sy produkte te koop is, die volgende gesê: “Hy is passievol oor sy handwerk en is altyd bereid om sy passie te deel. Hy lei tans 15 vroue van Kayamandi in verskillende tegnieke van kralewerk op om produkte te maak wat verkoop kan word. Hy is met sy passie vir sy werk die ideale kandidaat.”

Volgens Moses doen hy al langer as 40 jaar sulke werk.

Sommige van Moses se kunswerke.

Moses, ’n hemofilielyer (bloeier), sê hy het baie skool as gevolg van sy siekte misgeloop en daarom het dokters aanbeveel dat hy na ’n vaardigheidskool gaan waar hy die eerste keer geleer het om handwerk te doen.

Hy verkoop sy produkte in sy gemeenskap ook en sê dis hoe hy al sy hele lewe lank sy brood en botter verdien. “Dis ’n gawe wat ek gekry het en dis my passie.”

Moses, wat swaar loop weens ’n knievervanging, maak sy produkte by die huis en gebruik hoofsaaklik herwinbare materiaal.

Terwyl hy ’n haarknippie wys wat hy uit ’n deel van ’n roomysbak gemaak het, vertel hy hy het onlangs ’n reeks produkte uit dennebolle gemaak. Hy gebruik die hele dennebol, insluitend die stam, om iets mee te maak.

Moses, wat kralewerk by Imbali Community Crafters in Kylemore geleer het, sê hy het ook ’n passie om ander te leer. Hy het al onder meer kinders by die plaaslike laerskool in Kylemore touwys gemaak. “Dit verg baie geduld om handwerk te doen. Ek geniet dit om met my hande te werk. Dit is regtig ’n vreugde vir my.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.