Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Sy leer by van die beste akteurs in SA

Met al die eisteddfods en redenaarskompetisies wat vir die jaar gekanselleer is, het Chenoa Roller, ’n graad 8-leerder aan die Hoërskool Stellenbosch, vir ’n landwye dramakompetisie ingeskryf en skuur sy nou skouers met van die land se voorste akteurs.

Chenoa is onlangs, uit duisende inskrywings landwyd, gekies om op die kykNET-program, Uitblinkers, te verskyn.

Dié groep word tans deur bekende akteurs van die kykNET-sepies, Binnelanders en Suidooster, Desire Gardner, Germandt Geldenhuys en Reynardt Hugo afgerig.

Die dramaprojek staan be­kend as Speeltoneel en word deur Anthonie Bougas aange­bied, wat ook die vervaardiger van Uitblinkers is.

Volgens Bougas gaan die nuwe reeks van Uitblinkers eers in Desember begin.

“Ons is tans besig om die kinders voor te berei vir die televisieprogram, Speeltoneel, wat in Maart 2021 verfilm sal word.”

“Dit is ’n fantastiese geleentheid vir die kinders. Hulle kry die geleentheid om saam met bekende akteurs te werk na wie hulle opkyk en om op televisie te verskyn,” voeg hy by.

Chenoa, saam met die ander kinders wat gekies is, word vir die volgende jaar via video’s, Zoom-vergaderings en WhatsApp-oproepe afgerig en touwys gemaak.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Eikestadnuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.