Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Sy omgery; hy ry weg

Die Cloetesville-polisie ondersoek ’n saak van roekelose en/of nalatige bestuur nadat ’n 16-jarige meisie deur ’n motor getref is toe sy op haar skaatsplank in Langstraat gery het.

Dié voorval het Dinsdag (13 Oktober) omstreeks 17:00 gebeur.

“Die man het haar getref en net aangery,” vertel ’n ontstelde Carmen Titus, die slagoffer se ma.

“My dogter woon Dinsdae en Vrydae ná skool kunsklasse in die middedorp by. Sy was in Langstraat op pad huis toe. Toe sy by Firstraat op haar skaatsplank ry, het sy ’n motor sien aankom. Sy het aangery omdat dit ’n stopstraat (vir hom) is en hy moes gestop het.”

Titus sê haar dogter het haar bewussyn verloor.

“Toe sy wakker skrik, was sy omgery.”

Volgens Titus is haar kind baie lief vir skaatsplank-ry.

“Ek gee haar soggens taxi-geld en sê vir haar om die taxi te gebruik. Ek hou nie daarvan dat sy in Cloetesville op haar skaatsplank ry nie omdat party mense die padreëls oortree, maar sy is baie lief daarvoor om op haar skaatsplank te ry.

“Die bestuurder moet na vore kom en verantwoordelikheid neem vir dit wat hy gedoen het. Hy kon my kind doodgery het, maar hy het aangery. Die pad behoort nie net aan motors nie. Selfs as hy gestop het – hoekom sal hy haar stamp? Hy moes haar dan eerste laat verbygaan het. ’n Mens moet die padreëls volg.”

Die slagoffer het ’n gebreekte arm en verskeie kneusplekke. “Sy is in erge pyn,” vertel Titus.

Volgens sers. Zenobia Sedeman is die motor in hierdie stadium onbekend.V Enigiemand met inligting oor die voorval word versoek om die ondersoekbeampte, sers. Christine Julius, by 021 809 5062 of 079 894 0188 te bel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Eikestadnuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.