Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Talle honde in strikke gevang

Eikestadnuus het onlangs verneem dat die honde van verskeie inwoners van Devon Valley verstrengel geraak het in strikke wat in dié omgewing gestel is.

Een van die inwoners, Sue Harvie, sê iemand het ’n strik op hul eiendom se grens gestel. Hul hond, Malta, het op 26 Junie daarin verstrengel geraak. Hulle het haar met die strik om haar nek aangetref.

“Dit is moeilik om ons eiendom se grens heeltemal te beveilig aangesien dit aan die dam grens en baie bebos is. Ons is gelukkig dat sy nie teen die skuinste afgegly het en nie haarself uit die strik probeer bevry het nie,” sê Harvie.

Volgens Harvie was haar honde al minstens drie keer die slagoffers van soortgelyke voorvalle. ’n Vorige voorval het op die Bottelary-fietsroete plaasgevind en ’n ander naby die JC le Roux-landgoed.

“Dit is ’n baie hartseer situasie en ’n mens sou hoop die mense wat die fiets- en drafroetes aanbring asook die mense wat van buitelugaktiwiteite hou, is bewus van hierdie wrede gebruik en sal tyd afstaan om deur die bosse in die omgewing vir hierdie strikke te soek.”

Kobus Groenewald, ook ’n inwoner van Devon Valley, sê sy hond het September verlede jaar ook in ’n strik dáár verstrengel geraak. Sy hond het die volgende oggend met die strik om haar nek by die huis aangekom.

Volgens kapt. Natalie Martin, woordvoerder van Stellenbosch-polisie, is geen van dié voorvalle nog by hulle aangemeld nie. Die Animal Welfare Society Stellenbosch is egter bewus van dié probleem.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.