Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Tannie Siena maak kinderharte baie bly

Meer as 300 kinders het Dinsdag 10 Desember in Kylemore by tannie Siena Charles en haar hardwerkende span se jaarlikse Kerspartytjie gekuier, geëet en feesgevier.

“Dit is vir my elke jaar ’n hoogtepunt en ’n voorreg om vir die kinders van Kylemore ’n partytjie te kan aanbied. Ek kan dit nie doen sonder die hulp van ander nie en daarom wil ek baie dankie se vir my span vrywilligers wat so getrou vir my help,” sê tannie Siena.

“Baie dankie ook aan ons skenkers, Shanaé Lawrence, ’n Kylemore-inwoner wat al ’n lang pad saam met my stap, en dan ook vir Nedbank se Trots op my Dorp-program en Ranyaka vir jul onder­steuning die afgelope drie jaar. Die partytjie het baie gegroei. Mag die Here al ons skenkers seën sodat hulle ook van krag tot krag kan gaan.”

Tannie Siena is ’n bekende gesig in Stellenbosch. Eikestadnuus het in Junie vanjaar met haar oor haar sopkombuis gepraat.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.