Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Taxibase sê hulle bid baie

Drie mense wat saam byna ’n eeu lank Stellenbosch plat ry, spog deesdae met hul eie taxi’s.

Willie Smit, wat in 1976 vir die eerste keer agter ’n taxi se stuur ingeklim het, sê destyds het hulle met motors die mense aangery.

“Ek onthou die kar-taxi’s, toe passasiers nog met ’n halwe kroon en sjielings betaal het.

“Dinge het baie verander,” vertel Smit.

Vir Goolzar Moses, wat al 32 jaar in die taxibedryf is, was dit altyd sy droom om eendag ’n taxi-eienaar te word.

“Ná vele versoeke, baie roetes en menige briewe is ek uiteindelik deur die

(taxi-)vereniging aanvaar – nou kan ek beter omsien na my familie.”

(taxi-)vereniging aanvaar – nou kan ek beter omsien na my familie.”

Dit was veral vir Jomo Maohladi nie ’n maklike pad nie. “Ek lyk anders as al die ander eienaars, maar niks kon my vasberadenheid keer nie.

“Ek is van 1983 ’n driver en hoewel ek lank gewag het, was dit beslis die moeite werd.”

Hulle deel ’n skatkis van staaltjies – en dat sommige vandag nie eens hier moes gewees het nie.

“Ek moes lankal oorlede gewees het. Ek onthou ek was eendag op die R44 op pad Stellenbosch toe. Ek het naby die gholfklub langs die geel streep stilgehou vir twee mense wat daar gestaan en wag het.

“Toe ek in my spieëltjie kyk, sien ek ’n groot lorrie met sy sleepwa langsaan. Die taxi se deur was oop, maar ek het dadelik gery, anders sou daai sleepwa my saamgesleep het,” vertel Moses.

Maohladi, wat ook langafstandroetes ry, sê dit verg dikwels baie gebede om so lank op die pad te wees, maar hy verruil dit vir niks nie.

“Jy het nie net baie meer verantwoordelikhede as ’n eienaar nie, maar ek stres ook deesdae baie meer.

“As my foon lui, bid ek altyd dat my driver tog nie in ’n ongeluk betrokke was nie.”

Vir diegene wat kla dat hulle altyd lank wag vir ’n taxi en dat hulle altyd laat kom by die werk, raai dié drie aan mense staan vroeër langs die pad. “ ’n Taxi kan slegs ry as dit vol is.”

Een ding wat al drie teen die mure laat uitklim, is wanneer die taxi se deur toegeklap word. “As iets breek, is dit ons verantwoordelikheid om dit reg te maak. Ons wil graag elke passasier veilig by sy bestemming kry.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.