Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Teatermense brand van nuuskierigheid oor bouery

Die bestuur en direksie van die Klein Libertasteater het sedert die brand verskeie pogings aangewend om die herbou van die teatergebou te probeer bespoedig of net te verstaan waarom gereeld van plan verander word oor die herbouing.

Direk ná die brand wou die versekeraar dadelik die gebou herbou. Gigi Fourie het op ’n vergadering met Conrad Sidego en Piet Smit gevra of dit moontlik is om dalk die nuwe gebou effens te vergroot. Op grond van ons gemeenskapswerk en bydrae tot die kunste het hulle die voorstel ondersteun, maar het verduidelik dat dit dan ’n ander prosedure moet volg.

Die herbouing moes dus nou deur verskeie komitees goedgekeur word en die herbouing was nie meer die versekeringsmaatskappy se verantwoordelikheid nie, maar die munisipaliteit s’n.

Hierdie prosedures was aan die einde van die proses toe die huidige burgemeester aan bewind gekom het. Sy het die proses onmiddellik gestop.

Ons kry gereeld navrae uit die gemeenskap oor waar die proses van herbouing tans is – veral ná die meningspeiling wat die munisipaliteit aan die einde van 2017 oor die heroprigting van ’n teater op die grond gedoen het.

Ons raak nou self moedeloos om voort te sukkel met soveel moontlik van ons gemeenskapsbedrywighede sonder ’n eie gebou.

Klein Libertasteater wil graag antwoorde op ons vrae hê. Op die oomblik ontvang ons nie genoegsame terugvoering van die munisipaliteit nie.

Dit is nodig om by te voeg dat, ten spyte van wat Stellenbosch-munisipaliteit tans aanvoer, die Klein Libertasteater ’n geldige huurkontrak met die munisipaliteit ten tyde van die brand in 2015 gehad het.

Die bestuur en direksie van Klein Libertasteater,
Stellenbosch
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.