Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Trompetgeskal hou inwoners positief

Terwyl kerke se deure in die grendeltyd gesluit is, bring die talentvolle musikant van Cloetesville, Heinrich Arrison, die kerk tot in jou huis.

Arrison nooi elke Sondag regstreeks op sy Facebookblad kykers om hul gunsteling-gesange te versoek wat hy dan op sy trompet speel – ’n aktiwiteit wat die afgelope tyd baie gewild onder die inwoners geword het.

Hy sê sy liefde vir musiek het begin toe hy 14 jaar oud was en by die gemeenskaps­projek Cape Whalers Field Band, aangesluit het. Hy is by dié groep as trompetspeler opgelei en het ook later die assistentafrigter geword.

Arrison het later sy passie vir musiek in die Metodistekerk uitgeleef waar hy Sondagoggende die orrel en tromme speel. Hy is ook die musiekleier in die kerk en help sanggroepe waar hy kan.

“Ons gemeenskap is so besmet met negatiewe dinge en gebeurtenisse. Musiek was my manier om van al hierdie negatiewe elemente te ontsnap,” sê hy.

Arrison kan verskeie instrumente bespeel.

Van die hoogtepunte in sy musiekloopbaan is onder meer ’n televisieoptrede toe hy by die Shoprite Checkers-vroue-toekennings opgetree het en ook om ’n verhoog met Steve Newman (’n droom wat waar geword het) te deel.

“Ek wil elke jong mens bemoedig om hul drome te volg en nie die omgewing of die omstandighede waarin hulle bly, blameer nie. Met familie se ondersteuning en ’n positiewe gesindheid is alles moontlik.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Eikestadnuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.