Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Twee tronk toe ná geweld

Die gemeenskap hoop swaar gevangenisstraf sal geweld stop.

Rodney Esplin is onlangs vir poging tot moord gevonnis vir ’n voorval wat 29 Julie 2019 in Primrosestraat, Cloetesville, plaasgevind het.

Volgens Zenobia Sedeman, Cloetes­ville-polisiewoordvoder, het Esplin die klaer in sy nek met ’n mes gesteek waarna die klaer na Tygerberg-hospitaal geneem is. Hy is effektief vyf jaar gevangenis­straf opgelê en is onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te besit.

Soos Eikestadnuus voorheen berig het, is Diaan Swartz effektief 15 jaar tronkstraf opgelê vir die moord op sy meisie, Clarissa Lindoor (27), en poging tot moord op ’n man.

“In die poging tot moord-saak het Swartz op 1 Junie 2019 die klaer se woning tussen 03:00 en 04:00 op Nietvoorbij-plaas langs die R44 betree,” sê Sedeman.

“Daar het ’n stryery tussen Swartz en die klaer ontstaan waarna die beskuldigde die klaer met ’n mes gesteek het.

“Die klaer is na Stellenbosch-hospitaal vervoer.

“In die moordsaak het Swartz op 14 September 2019 vir Clarissa Lindoor by Nietvoorbij-plaas om 21:45 aangerand. Sy het later aan haar wonde beswyk.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Eikestadnuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.