Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Twee vroue groet ná meer as 30 jaar se diens
Mary Casper en Nellie Siebritz.

Mary Casper en Nellie Siebritz het Checkers in Millstraat, waar hulle al twee meer as 30 jaar gewerk het, op Vrydag 31 Augustus gegroet.

Siebritz sê die ondervinding wat sy opgedoen het en dit wat sy geleer het, sal sy vir niks in die wêreld verruil nie. Met die 41 goeie jare wat sy daar gehad het, was daar ook slegte dae. “Maar ons het dit die moeite werd gemaak,” sê sy.

Siebritz sê ook vandag se assistente ken nie die helfte van die harde werk waardeur sy en Casper is nie, want daardie tyd is poste vir bestuurders nie soos vandag geadverteer nie en moes hulle hard werk om dié poste te kon beklee.

Casper, wat nou al 37 jaar werk, sê hulle moes onder begin en het hulself opgewerk tot waar hulle vandag is. Sy onthou hoe sy aanvanklik yskaste moes pak en haarself opgewerk het na die bakkery- en deli-afdeling.

Siebritz het meer as 40 jaar by dié Checkers gewerk. Sy het as rakpakker begin en uiteindelik ’n “front row controller” geword.

Hulle lag ook terwyl hulle vertel hoe hulle moes gewoond raak aan al die nuwe tegnologie en kasregisters wat bygekom het.

Wat hulle die meeste gaan mis, is hul vriende wat hulle oor die jare gemaak het. Nie net die klante nie, maar veral hul kollegas wat hulle ondersteun het deur al die jare.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.