Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Tyd om jou deel te doen

Vlak 1 van die nasionale inperking het hierdie week in werking getree.

Die wedloop om weer na normaal terug te keer, het begin en daar word van ons verwag om elkeen sy kant te bring in die stryd teen die Covid-19-pandemie.

Maar wat beteken dit vir ons? Hoe kan elkeen van ons help om dit te bespoedig? Beteken dit dat ons nou enigiets kan doen en in groot groepe partytjie kan hou? Die hemele behoed ons, nee!

Ons moet nou juis versigtiger as ooit wees, want ons moet dié help wat agter die skerms hard werk om die ekonomie op koers te kry en die skolestelsel weer te maak werk.

Die Universiteit Stellenbosch is ook deel van ’n studie in die wedloop om ’n Covid-19-entstof te kry. Ook hulle het nou meer as ooit ons gebede en ondersteuning nodig.

Ná vyf maande se stilte het die kunste ook nou die geleentheid gekry om die gordyne oop te trek en teaters kan nou gehore vermaak. Natuurlik onder streng maatreëls.

Talle kerke en moskees se deure is reeds ’n geruime tyd oop, maar nou sal daar bietjie meer mense dienste kan bywoon. Jy sal nou egter jou plek vir die dienste moet bespreek.

In ander sake, dit is egter kommerwekkend dat mense in die tyd van Covid-19 en Eskom se beurtkrag ook met elektrisiteitsprobleme moet saamleef.

Is die duister van die gevreesde virus nie genoeg nie en moet ons gemeenskappe nog in vrees lewe vir die dag wanneer iemand as gevolg van die kragnetwerk sou seerkry?

Maar tussen alles deur moet ons onthou om ons veilige afstand te hou, maskers te dra en ons hande te was.

Jou veiligheid hang van my af en my veiligheid hang van jou af. Saam kan ons hierdie pandemie oorwin, maar net as elkeen sy deel doen.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Eikestadnuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.