Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Uit toeka: Orrel 50 jaar in gebruik

Uit die Eikestadnuus-uitgawe van Vrydag 6 Oktober 1978

Die orrel in die Stellenbosch-Sentraalkerk is op 15 Oktober reeds vyftig jaar in gebruik. Die inwydingsdiens het op ’n Maandagaand plaasgevind – spesiaal so gereël dat dit op die 75ste verjaarsdag van die geëerde en alombeminde orrelis, prof. F.W. Jannasch, kon saamval. Die prediker by dié geleentheid was ds. D.G. Malan terwyl dr. D.R. Snyman die wydingsgebed en ds. A.F. Louw die bedankings gedoen het.

Die koor was onder leiding van prof. Jannasch self en het o.m. sy bekende koorwerk “Te Deum” uitgevoer. Die soliste was mev. dr. Van der Byl, ’n mej. Basson en mnre. Holzapfel en Van Niekerk. Die begeleiding op die orrel is waargeneem deur die jong G.G. Cillié jnr.

Om die gebeure van vyftig jaar gelede te herdenk, sal die koor van die Sentraalkerk op 15 Oktober tydens die aanddiens ’n verkorte weergawe van Jannasch se “Te Deum” sing onder leiding van die huidige koorleier, Pieter van der Westhuizen, terwyl die begeleiding op die orrel weer deur dr. G.G. Cillié waargeneem sal word.

Dr. Cillié sal ook by dié geleentheid kortliks vertel van die inwydingsplegtigheid vyftig jaar gelede.

Lede van die destydse koor of van die soliste wat nog in Stellenbosch en omgewing bly, word vriendelik versoek om met mnr. Van der Westhuizen in aanraking te kom.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.