Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Uit toeka

BESTE KERSGESKENK NÓG VIR CLOETE-GESIN (Eikestadnuus, 18 Desember 1998) Vir mnr. Lionel Cloete van Idasvallei, sy vyf broers en twee susters, sal die beker van vreugde dié Kersfees beslis oorloop. Ná twee en veertig jaar is hul oudste broer, Ronald (62), wat as baba aangeneem en grootge-maak is deur hul grootouers, die Herboldts van Kaapstad, terug in sy geboorteland. Hy het op die jeugdige ouderdom van 20 jaar, nadat hy enkele jare op die vragskip SS Constantia die wêreld deurkruis het, in Kuba aangeland en besluit om hom daar te vestig. Weens die politiek van die tyd en die Kubaanse betrokkenheid op die land se grense, was briefwisseling uiters moeilik en het kommunikasie met Ronald heeltemal tot ’n einde gekom. Lionel, derde oudste, het weer by sy grootouers te Elim grootgeword. ’n Spesiale gevoel vir sy oudste broer het toenemend by hom gegroei, veral die kere dat die familie in Kaapstad saam verkeer het. Hy moes sy moeder, Johanna, op haar sterfbed in 1984 belowe dat hy sy verlore broer sou gaan opsoek en die familieband hernu.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.