Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Uit toeka

JONKERSHOEK-PIEKNIEKTERREIN: GETALLE-BEPERKING MOET NORM WEES (Eikestadnuus, 10 Februarie 1989) Die oopstelling van die Jonkershoek-piekniekterrein buite Stellenbosch vir alle rassegroepe is die afgelope paar maande sterk in die kollig. Daar het byvoorbeeld onlangs onmin tussen die plaaslike owerhede en lede van die Universiteit van die Wes-Kaap ontstaan nadat toegang tot die Jonkershoek-piekniekterrein aan hulle en hulle gaste geweier is. Eikestadnuus het met die inwoners sowel as die plaaslike owerheid gaan gesels oor hul menings aangaande die oopstelling van hierdie piekniekterrein. Prof. Rudi Bigalke van die departement Bosbou aan die US, meen dat daar uit verskeie oogpunte na die saak gekyk moet word. “Die terrein by Jonkershoek het fisieke probleme wat betrek die ligging, sowel as die grond. Die terrein lê op die rivierbedding wat tot die gevolg het dat die grond baie vlak en sanderig is. Die fisieke drakrag van die terrein moet beheer word deur die belading daarvan te beperk en dit kan alleenlik deur die beperking van getalle gedoen word.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.