Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Uit toeka

UIT DIE GESKIEDENIS VAN STELLENBOSCH: DIE VERHAAL VAN DIE DORP SE STIGTER (Eikestadnuus, 14 April 1989)’n Gerespekteerde kenner van Stellenbosch se geskiedenis, Ters van Huyssteen, het by geleentheid gesê om oor Stellenbosch te gesels sonder om ook iets te sê oor sy stigter, Simon van der Stel, is om Hamlet te probeer opvoer sonder die prinses van Denemarke. Simon van der Stel is op 14 Oktober 1639 ter see gebore onderweg na Mauritius, as die oudste seun van Adriaan van der Stel (of Van der Stelle) van Dordrecht en sy vrou, Maria Lievens, van Batavia. Van Simon van der Stel se jeug is eintlik weinig bekend. Toe hy 20 jaar oud was, het hy in Nederland gaan studeer. Presies waar hy sy studie voltooi het, is onbekend. Dit blyk egter dat sy belangstelling in boerdery gelê het en veral in wynmaak. Wie die eerste boer op Stellenbosch was, sal ons nooit weet nie, maar hy het reeds voor die einde van 1679 sy intrek hier geneem. Stellenbosch, die eerste dorp wat buite die Kaapse Skiereiland gestig is, het in 1681 reeds 400 mud koring gelewer. Simon van der Stel het die “kolonie” wat hy gestig het, dikwels besoek. In Mei 1685 besoek hy dit saam met Kommissaris H.A. van Rheede en ander hooggeplaastes en die dorp Stellenbosch word uitgelê. Daar word ook besluit dat ’n kerk en geregshuis op Stellenbosch opgerig moet word. Die drosdy is in April 1687 voltooi.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.