Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Uit toeka

THEO IS KONING ONDER KRISANTE-KWEKERS (Eikestadnuus, 12 Mei 1989) Mnr. Theo King van Helshoogteweg 107 was ’n uitblinker by die krisante-skou van die Stellenbosse Tuinboukundige- en Indus-triële Vereniging. Mnr. King het ’n bronsmedalje, twee skilde, 15 trofeë en ’n merietesertifikaat met sy inskrywings gewen. Hy het altesame 16 eerste, nege tweede en drie derde pryse gewen. Baie en uitstekende inskrywings is vir die skou ontvang. Een lid het meer as 150 inskrywings gehad. Om met krisante te skou, verg toewyding en werk tot diep in die nagtelike ure. Dit verg halfdrie in die oggend eers gaan slaap en kort daarna weer opstaan, veral as die blomme gereed is om gesny te word. Sy vrou, Joyce, en hul drie kinders en skoonkinders moes almal hand bysit. Die krisante word met ’n fyn kwassie uitgeborsel en skoongemaak, “uitgekam” as ’t ware, om op hul beste te vertoon. As iemand wat die beste medium blom by die skou gehad het, kan mnr. King seker gesaghebbend oor die onderwerp praat. Hy sou graag wil dat meer mense by die kweek van blomme as stokperdjie betrokke raak.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.