Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Uit toeka

BETREDING - 21 IN HEGTENIS (Eikestadnuus, 2 Junie 1989) Ten spyte van pogings van die stadsraad van Stellenbosch tot oplossings vir die behuisingsprobleem, etlike vergaderings en same-sprekings met belanghebbendes in dié verband sowel as ’n vergunning dat plakkershutte wat onwettig op munisipale grond opgerig is, langer kon bly voor ’n uitsettingsbevel op die inwoners bedien sou moes word, moes daar Woensdag, Republiekdag, opgetree word teen mense, onder wie nege studen-te, wat steeds voortgegaan het met betreding op die Uitsigterrein, wat munisipale eiendom is en ’n terrein wat tans juis aandag vir die oprig van woon-plekke geniet. Altesame 21 mense is Woensdag op die klag van betreding op die Uitsigterrein in hegte-nis geneem. ’n Vergadering is in die week op inisia-tief van David Curry met die stadsraad en die bestuur van die Stellenbosch Housing Action Committee gehou, waar positiewe voorstelle in verband met moontlike oplossings oor behuising gedoen is. Die stadsraad wag nog op reaksie op sy voorstelle van die komitee.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.