Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Uit toeka

STUDENTE PROTESTEER TEEN TUGMAATREËLS (Eikestadnuus, 9 Junie 1989) Sommige studente is erg ontstoke oor die tugstappe wat deur die Universiteitsowerhede geneem is na die betoging by die biblioteek teen rassisme op kampus. Dit is veral lede van die verbode organisasies, Nusas en BSOS en inwoners van Goldfields wat die afgelope week op twee protesvergaderings hul teenkanting teen die maatreëls asook die tydelike skorsing van die voorsitter van Nusas, mej. Leslee Durr, uitgespreek het. Die SR-lid vir Sport, mnr. Mark Behr, het Maandagmiddag oor etensuur voor bykans 800 studente gedreig met verdere akademiese boikotte teen die Universiteit as die owerhede nie die verbanning van die organisasies en die skorsing van Durr ophef nie. Bykans 1500 studente het verlede Vrydagmiddag, na die aankondiging van die tugmaatreëls die vorige dag in Sanlamsaal, bymekaar gekom om teen die maatreëls te protesteer. Onder die sprekers by die vergadering was ds. Simon Adams van die Volkskerk van Afrika, dr. Ester Lategan, mnr. Jan van Eck en mej. Durr.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.