Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Uit toeka

VERKEERSKNOPE KRY AANDAG (7 JULIE 1989). Een van die moeilikste verkeerspunte in Stellen­bosch, die uitgang van Die Bergkelder, Distillers Korporasie en die Plankenbrug-nywerheidsgebied na Adam Tasweg, kry tans die aandag van die munisipaliteit. Ekstra baanruimte vir wag en inbeweeg van verkeer in die dubbelpad word aangebring. Werknemers wat elke dag hierdie ingang oor die treinspoor moet gebruik, is bewus van ’n toenemen­de verkeersdilemma, veral in spitstye. Puntdiens word wel teen sluitingstyd deur verkeersbeamptes gedoen, maar dit verlig die probleem net in ’n mate. Motorryers bevind hulle meermale in ’n situasie waar ’n swaar vragmotor voor in die ry na regs in Adam Tasweg wil indraai, en dan kan enige tyd van die dag baie minute verloop voordag die tou motors enigsins beweeg. Intussen hoop die verkeer na agter oor die spoorlyn op. Die betrokke ingang oor die treinspoor is aanvanklik net deur die werknemers van Distillers Korporasie en Die Bergkelder gebruik. Sedert die eerste ligte nywerhede in die Plankenbrug-nywerheidsgebied gevestig geraak het, het die verkeersituasie toenemend ’n knelpunt geword. Daar word tans 14 ondernemings op die toegangsbord vermeld.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.