Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Uit toeka

RIVIER SKREEU OM SKOONMAAK (Eikestadnuus, 11 Augustus 1989) Die Eersterivier is vir baie Stellenbossers ’n stapplek, kuierplek en ontspanningsplek. Maar daar is ’n groot gemor dat hy erg besoedel is. Tog doen min inwoners uit hul eie iets daaraan – behalwe moontlik diegene wat vir die besoedeling verantwoordelik is. Die Varswater-hengelklub van Stellenbosch het egter verlede Vrydag met die hulp van 20 seuns van Laerskool Eikestad iets daadwerklik aan die saak gedoen – en 40 sakke rommel bymekaargemaak in die kort deel tussen die brug oor Piet Retiefstraat en die Strandpad. Vir die mense wat by “operasie skoon-maak” betrokke was, was dit ’n skokkende ervaring. Die klub voel baie sterk oor die besoedeling van die Eersterivier en wou deur hul optrede weer die besoedelingsaangeleentheid pertinent onder die aandag van inwoners bring. Die gekoördineerde projek waardeur die Eersterivier gereeld vry van rommel gehou word, is as ideaal gestel. Dit sal inwoners verbaas om te sien wat alles deel van die opgetelde rommel uitgemaak het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.