Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Uit toeka

OPROER IN DORP (Eikestadnuus, 8 September 1989) Onrus en oproerigheid het Stellenbosch fel getref die afgelope week en inwoners van sommige woonbuurte erg ontwrig. Die skoolbedrywighede in die bruin woongebiede is veral geraak, werknemers kon nie in alle gevalle veilig by hul werk kom nie, vergaderings is uitgestel tot “veiliger” datums, klipgooiery het plaasgevind en daar was ook ’n protesoptog wat in die middedorp geëindig het. Wat die skole betref, is daar die afgelope paar weke reeds oproerigheid. ’n Paar leerlinge en onderwysers van die Hoërskool Lückhoff is na bewering deur die veiligheidsmagte in hegtenis geneem. Dinsdag is ’n groot protesoptog gehou. Die optog het op die US-kampus begin en het voor die Trust Banksentrum (in Birdstraat) geëindig ná polisie-optrede. Die polisie, wat toegerus was met sambokke en honde, het ’n hele aantal van die betogers in hegtenis geneem.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.