Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Uit toeka

DIE GROOT SWEM IS HIER (Eikestadnuus, 6 Oktober 1989) Die Cloetesville-swembad gaan hierdie maand ná 6 jaar se fondsinsameling en baie harde werk uiteindelik in gebruik geneem word. Die swembadprojek is in 1983 deur mej. Elise van der Merwe geloods. Sy het op ’n warm somerdag verby Cloetesville gery en opgemerk dat die kinders onder tuinsprinkelaars lafenis teen die hitte soek. Daar en dan het sy besluit dat die kinders van Cloetesville en Idasvallei ’n swembad moet kry “ter wille van ’n voller lewe”, sê sy. Sy het die Stadsraad genader en mnr. André du Toit het besluit dat ’n behoefte-bepaling gedoen moes word. Hierna is ’n Raad van Trustees gevorm. Hierdie raad het met behulp van ’n algemene komitee ’n groot fondsinsamelingsprojek van stapel gestuur. Geld is op verskeie maniere ingesamel. Die eerste R1 000 is gemaak deur die uitloting van 2 lappoppe wat deur mej. Van der Merwe en mev. Garlick van die plaas Glenelly, gemaak is. Momberg het ander bestuurders van groot maatskappye uitgenooi vir etes en prontuit gevra hoeveel hulle aan die projek gaan afstaan.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.