Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Uit toeka

TOEKOMSTIGE PARKERING KOM DALK HIER (Eikestadnuus, 1 Desember 1989) Voorstelle in die struktuurplan oor parkering gaan uit van die breë beginsel dat parkeerruimte in die middedorp nie verminder word nie, maar op elke stadium in die bestaande behoefte sal bly voorsien, sê mnr. Dennis Moos, struktuurplankonsultant. Dit kan beteken dat die parkeersituasie op die lang duur moontlik heelwat anders daar sal uitsien as tans. Dit bou van parkeergarages is ’n moontlikheid vir die toekoms. Aangesien die struktuurplanvoorstelle nog in so ’n vroeë stadium is, is getalle bloot by benadering en nie finale syfers nie. Inwoners kan egter die volgende as riglyne vir die moontlike inrig van nuwe parkeergeriewe in die toekoms neem:

V Die parkeerruimte agter die stadsaal word vervang met twee parkeergarages, waarvan een voorsiening sal maak vir toekomstige uitbreidings aan munisipale kantore met sowat 100 parkeerbaaie meer.

V Parkering op die Bergzicht-terrein bly onveranderd.

V Parkering op die Pick n Pay-terrein bly onveranderd.

Parkeerruimte oorkant OK Bazaar kan moontlik omskep word in ’n parkeergarage van 2 of 3 vlakke met etlike honderd addisionele parkeerbaaie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.