Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Uit toeka

DR. RUPERT DEUR WWF VEREER (Eikestadnuus, 15 Desember 1989) Dr. Anton Rupert is as ’n erelid (WWF Member of Honour) deur die Wêreldnatuur-fonds (WWF) benoem. Hierdie erelidmaatskap is deur die wêreld se grootste private natuurbewarings-vereniging, naamlik die WWF, ingestel as ’n eerbetoon en blyk van waardering aan persone wat hulself onderskei het op die gebied van natuur­bebewaring. Dr. Rupert is ’n stigterslid van die SA Natuurstigting, die Suid-Afrikaanse tak van die WWF, ’n visepresident en trustee van WWF-Internasionaal en het wêreldwyd verskeie programme geloods om natuurbewaring te bevorder. Die direkteur-generaal van die WFF, Charles de Haes, het die aankondiging gedoen en hulde gebring aan dr. Rupert by ’n onlangse vergadering van die 28 nasionale lidlande van die WWF by die Kasteel van Chilton te Switserland. Die gasheer was Prins Philip, die Hertog van Edinburgh, wat die president van WFF-Internasionaal is. Mnr. De Haes het gesê: “Dr. Rupert sê dikwels ‘hy wat nie in wonderwerke glo nie, is nie ’n realis nie’.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.