Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Uit toeka

TOERISME TOT DORP SE VOORDEEL (Eikestadnuus, 20 Junie 1989) Dit is ’n beginselstandpunt van die stadsraad dat toerisme aangemoedig en bevorder moet word in belang van Stellenbosch as geheel en die kleinhandel in die besonder, het die burgemeester, mnr. P.G. Marais, by die onlangse jaarvergadering van die Stellenbosse Belastingbetalersvereniging gesê. Heelwat word reeds gedoen om dit vir die besoeker interessant en aangenaam te maak om op Stellenbosch te kom. Baie word veral gedoen deur die boere op die wynroete en die twee groot wynmaatskappye wat hier gevestig is. Die universiteit is daarby op sigself ’n aantrekkingskrag. Tog meen hy dat veel meer gedoen kan word, veral om die toeris wat deesdae hoofsaaklik ’n dagbesoeker is, vir ’n langer periode te laat bly. Die stadsraad voel dus dat hy ’n taak in hierdie taak het en het tans ’n hele paar planne vir die toekoms in verskillende stadiums van oorweging, het mnr. Marais gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Eikestadnuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.