Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Uit toeka

RUGBY WORD NOU TE PERD GESPEEL (Eikestadnuus, 1 Augustus 1980) Een van die sportsoorte wat vinnig besig is om veld te wen, is die perdesport, polocrosse. Polocrosse kan beskou word as ’n mengsel van rugby en tennis op die rug van ’n perd. Die spel, wat baie aan rugby herinner, word gespeel deur drie ruiters in elke span. Elke speler word toegerus met ’n raket met net ’n net aan die punt van die raket. Die doel van die spel is om die bal aan te gee en dan deur jou teenstanders se doelpale te gooi. Die doelpale is twee regoppale sonder ’n dwarslat. Mnr. Nico du Bois, oudheelagter van die Maties en lid van die WP-polocrosse-span, het vandeesweek in ’n onderhoud gesê dat die sport baie vernuf verg, want die bal word op volle vaart deur die ruiters aangegee en ook truuks soos ’n pypkan word op die rug van die perd gedoen. Die wedstryd word begin deur ’n lynstaan waaraan drie lede van elke span deelneem. Die skeidsregter (ook op ’n perd) gooi die bal by die lynstaan in. Twee skeidsregters, een aan elke kant, beheer die wedstryd. Die spel word op ’n veld wat effens groter as ’n rugbyveld is, gespeel. ’n Wedstryd bestaan uit agt dele (chukkas) van 8 min elk en elke speler neem aan vier chukkas deel. Daar is altesaam agt spelers in ’n span. Daar is reeds vyf klubs in die Wes-Kaap wat aan polocrosse deelneem.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Eikestadnuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.