Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Uit toeka

MEERLUST SE ROOI BESTE (Eikestadnuus, 26 September 1980) Meerlust, historiese spogwyn­landgoed by Faure, se wyn wat reeds by die on­langse Stellenbosse Wynskou presteer het, het weer eens roem vir sy eienaar gebring. Met die beoor­de­ling van inskrywings vir die Suid-Afrikaanse Kam­pioen­skap-wynskou, is mnr. Nico Myburgh vandees­week aangewys as die Suid-Afrikaanse kampioen­wynmaker. Dit is die grootste eer wat ’n wynmaker in Suid-Afrika kan verwerf. Behalwe hierdie eer is mnr. Myburgh se Meerlust Cabernet Sauvignon van die 1980-oesjaar ook aangewys as die Suid-Afri­kaan­se kampioen rooi tafelwyn. Dit volg op die sukses van 1979 toe Meerlust se Cabernet Sauvignon ook aangewys is as die beste rooi tafelwyn in die land.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Eikestadnuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.