Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Uit toeka se tyd

HOOFPAD WEER IN GEDRANG (Eikestadnuus, 1 Februarie 1980) Die finale tenderdokumente vir die bou van ’n toegangspad na die skoolkompleks by Doornbosch moet teen die einde van Junie vanjaar gereed wees en daarmee sal die sogenaamde hoofpad nommer een weer in gedrang kom. Hierdie hoofpad is reeds etlike jare ’n twispunt op die dorp nadat dit deur die Provinsiale Administrasie gepro­klameer is om Maraisstraat, regoor die Denneoord-Kollege, met die Strandpad te verbind. Die pad by Doornbosch waarvoor tenderdokumente nou gereed gemaak word, sal toegang verleen tot die Rynse Hoër Meisieskool, H.M.S. Bloemhof, en die twee nuwe laerskole Eikestad en Rhenish, wat daar gebou gaan word. Mnr. Piet Lombard, lid van die stadsraad, het verlede jaar by ’n vergadering van die Stellenbosse Belastingbetalersvereniging daarop gewys wanneer die twee nuwe laerskole gebou word ’n verbindings-pad tussen die Strandpad en Koch­straat noodsaak sal wees. Hierdie verbindingspad vorm egter deel van die geproklameerde hoofpad nommer een. Hoewel die stadsraad ten gunste is van so ’n verbindingspad het hy bedenkinge oor die res van die hoofpad, het mnr. Lombard gesê. Die Provinsiale Administrasie wil egter nie die subsidie betaal nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestadnuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.