Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Uit toeka se tyd

BOERE VERSLAE OOR SKADE (Eikestadnuus, 8 Februarie 1980) Groot lof is hierdie week uitgespreek vir die samewerking wat ondervind is toe ’n verwoestende brand verlede naweek Simonsberg geteister het. Boere in die geteisterde gebied sê dat hulle beswaarlik die brand sou kon keer as dit nie vir die hulp van medeboere uit ander dele van die distrik, die afdelingsraad se Burgerlike Beskermingsdiens en die Departement van Bosbou was nie. Die brand het verlede Vrydagmiddag omstreeks 16h30 in opslagdennebome op die Rhodes -vrugteplase by Pniël begin. Volgens amptenare van die Departement van Bosbou het dit gelyktydig op vyf plekke tussen die dennebome uitgebreek en dui dus alles daarop dat die vure opsetlik aan die brand gesteek is. Ten spyte daarvan dat 80 brandslaners van die bosboustasie op La Motte gou op die toneel was, het die brand vinnig teen die hange van Simonsberg uitgesnel en het dit teen donker reeds die kruin bereik. Dit het daarna na die Stellenbosch-kant van die berg versprei en plase in Banhoek bedreig. Teen Vrydagaand was brandslaners van Stellenbosch en Kluitjieskraal bygestaan deur die Burgerlike Beskermingsdiens ook in die veld. Teen Saterdag het bekende plase soos Kanonkop, Knorhoek, Delheim, Uitkyk en die Wiesenhof-wildreservaat ook in die gevaarlyn gekom. Die brand is Sondagoggend vroeg in bedwang gebring nadat geweldige skade aangerig is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Eikestadnuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.