Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Uit toeka se tyd

WINKELS WIL SAAMSPAN VIR BESKERMING (Eikestadnuus, 14 Maart 1980)

’n Veiligheids-organisasie wat ten doel het om deur middel van gesamentlike optrede die winkels en sake-ondernemings op Stellenbosch te beveilig, is verlede maand alhier gestig.

Die organisasie is deur ’n paar van die dorp se groot sakeondernemings aangevoer en gaan onder meer by die Burgerlike Beskermingsdiens inskakel. ’n Komitee, bekend as die Middedorp Ondernemers-sekuriteitskomitee, sal vir die nodige organisasie sorg. Een van die lede van die komitee, mnr. W.D Loubser, het in ’n onderhoud met Eikestadnuus gesê dat die organisasie nie net vir die groter ondernemings daar is nie.

Daar gaan beywer word om al die winkels en sake-ondernemings daarby in te skakel. Dit word gevoel dat so ’n organisasie wat deur onderlinge same-werking in staat sal wees om bedreigings van ’n gemeenskaplike aard die hoof te kan bied, ’n noodsaaklikheid vir Stellenbosch geword het.

Met die toename van diefstal en bedrog, die gevaar van stedelike terrorisme en ’n behoefte aan kennis oor korrekte optrede ten tyde van natuurlike rampe, sal hierdie organisasie ’n groot rol kan speel, word gemeen.

Sake wat reeds vir aandag op die program is, sluit onder meer in:

* Winkeldiefstal, diefstal deur werknemers, tjekbedrog en plundery tydens nasionale of plaaslike noodtoestande.

* Gevolge van stedelike terrorisme wat hoofsaaklik bestaan uit beserings van klante en personeellede, brande en ontwrigting as gevolg van bomdreigemente.

* Brande wat ontstaan na aanleiding van nalatigheid of natuurlike oorsake.

* Skade as gevolg van oorstromings weens, byvoorbeeld, swaar reën of gebarste waterpype.

Volgens mnr. Loubser bestaan daar verbasende onkunde by ondernemings oor hierdie sake en is veiligheidsmaatreëls, waar dit bestaan, dus in die algemeen nie doeltreffend genoeg nie.

Deur die probleme gesamentlik in oënskou te neem en saam doeltreffende maatreëls uit te werk, kan as ’n eenheid opgetree word wat alles net ten goede kan wees.

Die plan is om gereelde vergaderings te hou met die doel om gemeenskaplike probleme onder die loep te neem sodat na moontlike oplossings gesoek kan word.

So sal lede tydige waarskuwings kan ontvang oor verwagte gevalle van winkeldiefstal, tjekbedrog en plundery tydens noodtoestande en inligting oor hoe om sulke voorvalle te hanteer, leer wat om te doen om brande te voorkom of te bestry, en metodes en roetes vir die ontruiming van geboue wat bedreig word deur brande, stedelike terrorisme of oorstromings kan toepas.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Eikestadnuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.