Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Uit toeka se tyd

MNR. C.W. MARAIS IN DERDE TERMYN (Eikestadnuus, 12 September 1980) Stellenbosch het Dinsdag ’n nuwe burgemeester en onderburge-meester gekry. Hulle is mnr. C.W. (Basie) Marais, wat die afgelope twee jaar onderburgemeester was en verkies is om mnr. Piet Marais as burgemeester op te volg en prof. D.E.W. Schumann, wat tot onderburgemeester verkies is. Die verkiesing was by ’n spesiale vergadering in die stadsaal wat gevolg is deur ’n onthaal aangebied deur die stadsraad. Die burgemeesterskap is vir mnr. Marais niks vreemd nie aangesien hy reeds vier keer in die verlede hierdie amp beklee het. Voordat hy sy prokureurspraktyk op Stellenbosch begin het, was hy op Brandfort woonagtig waar hy tien jaar in die stadsraad gedien het. In daardie tydperk was hy vir twee termyne burgemeester van hierdie Vrystaatse dorp. Hy is in 1963 tot lid van die Stellenbosse stadsraad verkies, wat hom saam met mnr. Johann Uys, wat in dieselfde jaar verkies is, die langste diensdoenende lid van die raad maak. Sedertdien het hy twee keer as burgemeester van Stellenbosch diens gedoen.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Eikestadnuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.