Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Uit toeka se tyd

NUWE COROLLA-REEKS VIND BYVAL (Eikestadnuus, 21 November 1980) Wanneer die wêreld se mees gewilde motor verander word, stel die wêreld belang in die nuus. Toyota het vir die 1980’s die Corolla reeks herontwerp en met ’n nuwe motor, wat in alle opsigte beter is as sy voorganger, vorendag gekom. In Suid-Afrika vervang hy die topverkoper Corolla, die motor wat Toyota-passasiersmotors werklik stewig op die mark geplaas het. Die nuwe Corolla hardloop nie agter mode aan nie, hy is pragtig gestileer volgens die jongste 3 Europese, 3-kasontwerp, behalwe vir die sportiewe 2-deur Liftback. Daar is meer as genoeg ruimte ten spyte van die voorenjin/agterdrywingkonsep, selfs meer bruikbare been- en bagasieruimte as in baie van die moderne motors. Die nuwe Corolla se buite-afmetings is grotendeels dieselfde as dié van sy voorganger. Die veerstelsel is verander en daar is aandag gegee aan die vermindering van die bak se lugweerstand om brandstofverbruik te verlaag.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Eikestadnuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.