Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Uit toeka: Stadsraad vereer - Medalje vir bewaring

Uit die Eikestadnuus-uitgawe van Vrydag 1 Desember 1978

Die stadsraad aanvaar die toekenning van die Raad vir Nasionale Gedenkwaardighede met groot dank en waardering en beskou dit as een wat in effek ook aan die hele dorp gemaak is.

Hy wil dus namens die stadsraad waardering uitspreek teenoor daardie Stellenbossers en plaaslike instansies wat deur die jare ’n positiewe bydrae gelewer het vir die behoud en restourasie van soveel geboue wat van historiese en kulturele belang is – nie net vir Stellenbosch nie, maar ook vir die hele land.

Só het die burgemeester, PG Marais, aan Eikestadnuus gesê na aanleiding van die Raad vir Nasionale Gedenkwaardighede se onlangse aankondiging dat sy goue medalje aan die Stellenbosse stadsraad toegeken gaan word.

Volgens ’n verklaring van prof. JJ Oberholster, direkteur van die Raad vir Nasionale Gedenkwaardighede, is hierdie besluit geneem vanweë die stadsraad se uitmuntende bydrae tot die bewaring van Stellenbosch se materiële historiese erfenis.

Die goue medalje, wat die eerste is om aan ’n dorp toegeken te word, sal volgende jaar saam met Stellenbosch se drie-eeu-fees toegeken word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.