Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Uit toeka: Vanjaar se oes nuwe rekord

Uit Eikestadnuus se uitgawe van Vrydag 24 November 1978

Die 1978-wynoes was 25 persent groter as die van 1977, terwyl dit ook die rekordoes van 1976 oorskry het. Die jongste oes het 5,7 hektoliter beloop teenoor 1976 se rekord van 5,6 hektoliter.

Só het dr. André du Toit, voorsitter van die KWV, Dinsdag by ’n konferensie van wynboere by Worcester gesê.

Dr. Du Toit het gesê dat die Stellenbosch-distrik so mooi herstel het na die terugslag wat dit in 1977 ondervind het. Die Stellenbosse oes is teenoor 1977 met 58 persent tot 668 866 hektoliter opgestoot.

Volgens voorlopige opnames lyk dit asof meer as 6 miljoen hektoliter wyn vanjaar geproduseer is. Die finale syfers sal eers later beskikbaar wees, maar dit wil voorkom asof die stookwynoes 3 miljoen hektoliter sal wees.

Produksie van goeie wyn sal dus na verwagting ongeveer 2,8 miljoen hektoliter wees wat ’n aansienlike verbetering is op die prestasie van die vorige jaar.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.