Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Uit toeka: Walvis takel seiljag

Uit Eikestadnuus se uitgawe van Vrydag 29 September 1978.

Dr. Jimmy Allan van die Universiteit Stellenbosch en vier mense wat saam met hom aan boord was, het verlede naweek ’n noue ontkoming gehad toe sy seiljag, die Double Helix, naby Gordonsbaai deur ’n groot walvis bygedam is.

Die glasvesel-sloep van sowat 11 meter se boordwand en skroef is erg beskadig, maar dit het al lekkende Gordonsbaai tog veilig gehaal.

Volgens ’n ander Stellenbosser, mnr. Japie Ensink, wat ook aan boord was, was dit ’n skrikwekkende ervaring wat hy nie graag weer sal wil deurmaak nie. “Dit was ’n yslike walvis wat maklik die boot fyn en flenters met sy massiewe stert kon geslaan het,” het hy gesê.

Volgens mnr. Ensink was hulle op pad terug na Gordonsbaai ná ’n plesierrit in Valsbaai. Sowat ’n myl van Gordonsbaai se hawe het hulle ’n walvis twintig meter van die boot gewaar.

Hulle was op die punt om koers te verander toe ’n groot walvis sowat vyf meter voor die boot na die oppervlak gekom het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.