Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Unieke geleentheid vir die belegger
king
King’s View bied ’n unieke geleentheid vir diegene wat in ’n luukse woongebied in ’n pragtige omgewing wil belê.

Stellenbosch was nog altyd as ’n woonplek gesog danksy sy natuur­skoon, wingerdlandskap, historiese argitektuur, erfenis, uitstekende universiteit, toeganklikheid en dies meer.

Die dorp se groei word egter beperk deur onveranderlike biofisiese faktore en ontwikkelingsbeleid.

Die munisi­paliteit het in ooreenstemming hiermee in sy jongste groeiplan, die ruimtelike ontwikkelingsraamwerk (ROR) vir die dorp, soos einde verlede jaar goedgekeur, slegs beperkte voorsiening gemaak vir medium- en hoërdigtheid- residensiële ontwikkeling in drie groter residensiële projekte op sy eie eiendom, asook op die sogenaamde Adam Tas-korridor langs die spoorlyn.

Dit blyk dat hierdie ROR tans geen voorsiening maak vir laerdigtheid-residensiële veiligheidsontwikkelings in die luukser marksegment nie. ’n Wesenlike hersiening van die dorp se ROR vind eers weer oor bykans vyf jaar plaas en indien daar in daardie stadium wel hiervoor voorsiening gemaak sou word, sal die daaropvolgende aansoeke vir ontwikkelingsregte jare neem om die nodige goedkeurings te verkry.

Dit is dus hoogs onwaarskynlik dat enige substantiewe nuwe ontwikkelings in die dorp, wat vergelykbaar is met King’s View, in die volgende dekade op die mark sal kom.

Daarbenewens word Stellenbosch se toekomstige groei erg aan bande gelê deur blywende beperkings soos hoëpotensiaal-landbougrond, beskermde erfenisterreine, kulturele landskappe, sensitiewe natuurlike omgewings, steil berghellings, vloedgebiede van riviere en dies meer.

Potensiële sinvolle ontwik­kelings­gebiede is dus baie beperk, indien hoegenaamd beskikbaar.

Soos dit die geval was met die suksesvolle Brandwacht aan Rivier, wat sewe jaar gelede in wese binne enkele weke uitverkoop is, bied King’s View dus tans ’n unieke en gulde geleentheid vir die­gene aan wat in ’n luukse woon­gebied in ’n pragtige omgewing met mooi berguitsigte, volle sekerheid en goeie toeganklikheid wil vestig.

Inderdaad ’n geleentheid wat hom vir baie jare nie gaan herhaal nie en dit in ’n mark met groeiende vraag en dalende aanbod – voorwaar ook ’n resep vir goeie potensiële beleggingsopbrengs daarby.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestadnuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.