Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Unieke rommelmark kom

’n Unieke rommel-mark sal Saterdag 28 Julie by die NG Kerk Stellenbosch-Wes gehou word.

Die mark sal belangstellendes ’n kans bied om ekstra geld te verdien. Enige tweedehandse items kan verkoop word en almal is welkom om deel te neem.

Stalletjies by die mark kos R220 en belangstellendes moet so gou as moontlik plek bespreek.

Die mark sal van 09:00 tot 13:00 op die kerkterrein gehou word en alle Stellenbossers word genooi om te kom rondsnuffel. Koffie en pannekoek sal ook te koop wees.

Kontak Michelle Botha by 0 071 368 4164 of 2 michelle.junkmark@gmail.com vir nog inligting of besprekings.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.