Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
US: G’n ‘geen Afrikaans’

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) het Maandag (14 Junie) sy ondersoek by STIAS in Stellenbosch voortgesit ná klagtes oor ’n vermeende verbod op Afrikaans in die koshuisomgewing by die Universiteit Stellenbosch in die verwelkomingstydperk aan die begin van die akademiese jaar.

’n Afvaardiging van die US-bestuur neem nie aan hierdie ronde voorleggings deel nie, maar het op 10 Mei voor die SAMRK verskyn.

Prof. Wim de Villiers, rektor en visekanselier van die US, het toe gesê hy is “vol vertroue dat ons studente meer keuses, groter toegang en ’n beter toekoms het danksy ons benadering tot taal”.

De Villiers bygevoeg geen verbod op Afrikaans bestaan by die US nie. “Dit is nié ons beleid nie.”

Hoogtepunte van ’n onafhanklike forensiese ondersoek deur Deloitte is ook Maandag (14 Junie) in ’n e-pos deur prof. Deresh Ramjugernath, viserektor vir leer en onderrig, bekend gemaak.

In die Deloitte-verslag word onder meer bevind dat die US-bestuur geen opdrag uitgereik het om die gebruik van Afrikaans te verbied nie en dat koshuisleiers nie ’n verbod op die gebruik van Afrikaans geplaas het nie.

Die US het in sy opvolgverslag aan die SAMRK na aanleiding van die eerste sitting bevestig dat die universiteit, toe hy van hierdie bewerings bewus geword het, onmiddellik ’n interne ondersoek van stapel gestuur het.

Die US se sentrum vir studentegemeenskappe het dadelik begin om met studenteleiers en studente in koshuise te skakel om te werk aan ’n gedeelde begrip van die taalbeleid.

Die US sê die kwessie is bevredigend opgelos.

Die universiteit het ook bevestig dat hy verbind bly tot inklusiewe meertaligheid, veral met inagneming van “die diversiteit van ons samelewing en die rykdom inherent aan daardie diversiteit”.

Dr. Pieter Groenewald van die Vryheidsfront Plus; die DAK-netwerk; Frederik van Dyk van Studenteplein; Milna van Dyk, ’n student aan die US; en prof. Harold Lesch en dr. Amanda Lourens van die departement Afrikaans en Nederlands aan die US, het ook Maandag voorleggings aan die SAMRK gedoen.

Die ondersoek het Dinsdag (15 Junie) voortgeduur.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Eikestadnuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.