Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
‘US het ’n virusplan’

Inwoners van Stellenbosch het die afgelope naweek gal gebraak oor ’n foto wat op sosiale media die ronde gedoen het van studente wat hulle duidelik nie aan Covid-19-maatreëls steur nie.

Die foto waar studente sonder maskers en naby mekaar staan by ’n bekende kuierplek, Dorp het omtrent reaksie op sosiale media ontlok.

Meer as 300 mense het hul stem by die plasing gevoeg en hul misnoeë uitgespreek oor die onverantwoordelike gedrag van studente.

Dorp se eienaar, Martin Oosthuizen, het aan Eikestadnuus gesê hulle neem die Covid-19-regulasies baie ernstig op en werk saam met die relevante partye om seker te maak alle maatreëls gehandhaaf word.

“Dorp hou by streng maatreëls wat fisieke afstand en ontsmetting betref.

“Die onderneming kan 330 mense huisves en dus kan fisieke afstand gemaklik gehandhaaf word.

“Ons is bewus van die foto op sosiale media wat oor die naweek opslae gemaak het. Die feit dat 22 studente buite ons onderneming wag op die munisipale sypaadjie is ’n goeie indikasie dat ons getalle beheer.”

Oosthuizen meen egter dat studente ouer as 18 is en dus ook self verantwoordelikheid kan neem vir hul gedrag.

“Ons bedryf het swaargekry en ons stel nie ons personeel se lewe in gevaar vir geld nie. Daarvan kan nog baie gemaak word, maar ’n lewe is onvervangbaar.” Dorp se bure, Bohemia, het ook die versekering gegee dat die maatreëls wat hulle daargestel het voldoen aan die vereistes soos deur die regering voorgestel. “Ons kan 100 mense laat inkom, maar as gevolg van fisieke afstand laat ons net 80 mense op ’n slag toe. Mense se temperatuur word by die deur geneem en hulle moet inteken nadat hulle hul hande ontsmet het,” sê Rossouw Botha van Bohemia.

Bohemia het van hul tafels uitgehaal om mense uitmekaar uit te skuif en daar is personeel wat by die deur werk om seker te maak die prosesse word gevolg.

Die Universiteit Stellenbosch, wat die grootste studente-trekker na die dorp is, meen studente “is volwassenes”.

“Studente word beskou as volwassenes en moet mede-verantwoordelikheid neem om die verspreiding van die virus te stuit,” sê die woordvoerder van die US, Martin Viljoen.

Die US het ’n uitgebreide plan om die virus te stuit en het ook vandeesweek die eerste universiteit in die land geword wat weer aanlyn klasse hervat het.

Dit het gekom nadat sowat 400 personeellede en studente positief getoets is.

“Die US is besorg oor enige geleentheid waar Covid-19-regulasies klaarblyklik verontagsaam word. Dit is ongelukkig so dat daar individue in alle gemeenskappe is wat die maatreëls nie volg nie,” sê Viljoen.

Viljoen het bygevoeg dat waar die US reëls kan toepas, soos op die US-kampusse, word dit wel gedoen en word dit gekomplementeer met deurlopende bewusmakingsaksies. Alle sosiale byeenkomste kan nie deur die US en kampussekuriteit gemonitor word nie. Studente mag dalk ’n boete of vervolging in die gesig staar as hulle regulasies verontagsaam.

Stellenbosch het tans meer as 250 aktiewe gevalle van Covid-19 en die land staar ’n derde vlaag in die oë.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Eikestadnuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.