Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
US-student kry Weense tjelloprys
Van links is Graham du Plessis, Nastassja Pretorius, Gila Marshall en Peter Martens (direkteur van die Stellenbosch Internasionale Kamermusiekfees).

Hoewel konsertsale en musiekfeeste die afgelope paar maande deur die Covid-19-pandemie stilgemaak is, het individue en musiekorganisasies wêreldwyd gepoog om die betowering van verhoogmusiek deur middel van stroming aan die gang te hou.

’n Belangrike aspek van die Stellenbosch Internasionale Kamermusiekfees se groter doelwit is musiekopleiding. Bykomstig tot die uitvoerings, meesterklasse en afrigting van ensembles in die jaarlikse program is ’n besondere fokuspunt die spesiale pryse wat deur goedgunstige plaaslike en internasionale borge aan studente uitgedeel word.

Tjellostudente van die kamermusiekfees is op 16 Augustus vanjaar genooi om aansoekbriewe vir ’n baie besondere prys in te dien: ’n waardevolle tjello en strykstok wat deur Gila Marshall geskenk is. Die tjello het aan haar pa behoort en sy het dit van Wene af na Suid-Afrika teruggebring. Sy koppel wonderlike herinneringe van haar pa se liefde vir musiek en musiek maak aan dié instrument.

Sy het die plaaslike tjelliste Graham du Plessis en Peter Martens (laasgenoemde ook in sy hoedanigheid as direkteur van die SIKMF) bedank vir hul aanmoediging om die tjello weer in die hande van ’n tjellis te plaas. Sy voel dit het ná al die jare nou weer tyd geword dat die instrument bespeel word.

Dit is haar uitdruklike wens dat die prys as die “Weense Tjello-prys” bekend staan.

Veertien aangrypende briewe van talentvolle jong Suid-Afrikaanse tjelliste is ontvang en Gila het saam met haar man, Chris Marshall, besluit om die instrument aan Nastassja Pretorius te skenk. Nastassja studeer tans vir ’n honneursgraad in tjello aan die Universiteit Stellenbosch. Sy kom van Ruyterwacht en dit is haar groot droom om eendag by ’n professionele simfonieorkes aan te sluit.

Die bestuur van die SIKMF het sy hartlike dank aan Chris en Gila Marshall oorgedra vir hierdie grootmoedige gebaar en wens Nastassja Pretorius geluk met die prys wat aan haar toegeken is.

Die SIKMF het ook ’n spesiale woord van dank aan die firma Pirastro gerig vir sy lang verbintenis met die SIKMF en vir die skenking van ’n stel nuwe handvervaardigde Edition-tjellosnare vir die instrument.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Eikestadnuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.