Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
‘Vader van wingerdstok’ sterf

Vir hom was prof. Eben Archer die verpersoonliking van die “vader van die wingerdstok in SA”. Hy het telkemale na die wingerdstok verwys as “sy kinders” en niemand moet sy kinders sleg behandel of afskeep nie.

Dít is die woorde van prof. Albert Strever, kollega van prof. Archer (72), wat verlede week op die Stellenbosse gholfbaan aan vermoedelik ’n hartaanval dood is. Sy dood is ’n groot slag vir die Suid-Afrikaanse wynbedryf waar hy oor dekades ’n leidende rol op die wingerdboukundige terrein gespeel het.

“Oor baie opleiers word in Engels gesê: “Those who can’t do, teach”. Prof. Archer het my as dosent geleer dat “those who can do, teach best”. Buiten al die wingerde en gepaardgaande wyne waarin Eben in sy lewe ’n hand gehad het, het hy ook ’n hand gehad in baie ‘jong (en ouer) wingerdstokke’, naamlik sy studente wat vandag regdeur die hele bedryf hul skoene as wynmakers en wingerdbou­kun­diges, asook in ander beroepe, insluitend as prominente leiers in ons bedryf, volstaan. Sy afsterwe laat inderdaad ’n groot leemte, maar sy nalatenskap in die vorm van sy kennis, passie en benadering tot die lewe sal nog lank voortleef,” sê Strever.

Francois Viljoen, bestuurder van Vinpro se wingerdboukundige dienste, meen prof. Archer is moontlik een van die heel grotes wanneer dit by die wingerdverbouings van die Suid-Afrikaanse wynbedryf kom.

“Vir my het hy ikoon-status. Hy was ’n mentor vir baie van ons en ons kon hom enige tyd bel om te help met ’n wingerdprobleem. Hy was ’n leermeester by uitnemendheid en hy kon met enige gehoor kommunikeer en ‘connect’, of dit nou ’n referaat was wat hy met sy akademiese- en navorsingskollegas gedeel het en of dit ’n wingerdkundeklas vir studente of ’n aanbieding op ’n inligtingsdag of bloot ’n snoeilesing en demonstrasie vir wingerdwerkers was.”VVervolg op bl. 7.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.