Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vermeende klipgooier in hegtenis
Petrus Opperman, die vermeende klipgooier in die Helshoogtepas.

’n Klipgooier wat die afgelope weke pandemonium op die Helshoogtepas veroorsaak het, is vir ’n tweede keer deur die polisie in hegtenis geneem.

In die jongste voorval het Michelle Symington, ’n inwoner van Franschhoek, foto’s op haar Facebook-blad gelaai nadat ’n klip haar motor getref het. Sy sê sy was op die Helshoogtepadtoe ’n klip sonder rede na haar voertuig gegooi is.

Sy het aan die passasierskant van die voertuig gesit toe die klip deur die venster bars. Sy skryf sy het ’n klein, maar diep sny en ’n blou oog opgedoen.

Kort ná haar eerste inskrywing het sy die man as dieselfde verdagte as in talle ander gevalle uitgeken. “Hoop om hierdie man gou agter tralies te sien voordat hy ernstige ongelukke of selfs die dood veroorsaak,” het sy geskryf.

Die Paarl Post kon Symington nie vir kommentaar bereik nie.

Sers. Zenobia Sedeman, ’n polisiewoordvoerder, het bevestig die voorval is Sondag 16 Desember by die Cloetesville-polisie aangemeld en ’n verdagte, Petrus Opperman (28), is Maandag 17 Desember in hegtenis geneem in verband met ’n klag oor kwaadwillige saakbeskadiging. “Die hof sal waarskynlik aanranding byvoeg,” het sy gesê.

Eikestadnuus het voorheen berig Opperman is Woensdag 21 November deur die Cloetesville-polisie in hegtenis geneem nadat hy na bewering ’n klip na ’n motor in die Helshoogtepas gegooi het. Hy was dieselfde aand terug op die plek waar die klipgooiery plaasgevind het.

Opperman, ’n inwoner van Idasvallei, ly aan ’n geestestoestand.

Waarskuwings word al reg deur die jaar op sosiale media geplaas oor motoriste wie se motors ook met klippe bestook is.

Volgens Sedeman verskyn Opperman weer op 11 Januarie in die Stellenbosch-landdroshof en sal glo vir waarneming gestuur word. Hy bly ook in aanhouding tot dan.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.