Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vernaamste damme nou nóg voller

Damvlakke van die grootste damme in die Wes-Kaapse watervoorsieningstelsel het weer die afgelope week gestyg en staan tans op 56,8%.

Die Bergrivierdam, wat tans 86,4% vol is, is meer as dubbel so vol as verlede jaar hierdie tyd toe dit slegs 41% vol was.

Wemmershoekdam, wat tans 84,1% vol is, is ook aansienlik voller as verlede jaar, maar bykans 1% leër as verlede week toe dit 84,8% vol was.

Daar sal egter nog baie reën moet val voor die nasionale regering dit sal oorweeg om waterbeperkings te verminder.

Volgens Rashid Khan, gebiedshoof van die departement van water en sanitasie, sal die beperkings slegs opgehef word sodra die gemiddelde damvlakke in die Wes-Kaap tot 85% gestyg het.

Luidens ’n persverklaring wat onlangs deur Stad Kaapstad uitgereik is, is ’n ondersoek na die verslapping van waterbeperkings aan die departement van water en sanitasie deurgegee, maar daar is geen behoefte om heeltemal daarmee weg te doen nie.

“Ons verwag dat ’n mate van beperkings steeds nodig sal wees al word die damme heeltemal vol. Kaapstad het eintlik nog altyd reëlings rakende waterbeperkings gehad as ’n proaktiewe manier om water te bestuur.”

Die Wes-Kaap is vanjaar in ’n veel beter posisie as wat dit verlede jaar op dieselfde tydstip was. Die vernaamste damme in die provinsie is dubbel so vol as wat dit hierdie tyd verlede jaar was.

Wes-Kapenaars word steeds aangemoedig om soveel as moontlik water te bespaar sodat daar genoeg water is om die provinsie deur die somermaande te kry.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.