Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vier liefde met Robbie Wessels
robbie
Robbie Wessels

Robbie Wessels tree Sondag 16 Februarie die eerste keer by die Oude Libertas-amfiteater op.

Wessels sal sy sielvolle kant, wat hom oor die jare ’n groot gunsteling onder Afrikaanse aanhangers gemaak het, in sy vertoning ten toon stel.

“Oorspronklik, humoristies, diep” is die drie woorde waarmee Robbie Wessels se werk beskryf kan word.

Hy en Bok van Blerk het in 2018 kragte saamgespan vir die duet “Die Sluise van die hemel”.

Wessels verras die land keer op keer met sy talent as sanger en liedjieskrywer. Sy album My vissermanvriend se pa het 120 000 verkope aangeteken.

Wessels se vertoning by die Oude Libertas-amfiteater begin om 18:30. Besoekers kan ook hul geliefdes met ’n piekniek en ’n romantiese middag onder die ou bome voor die konsert bederf. Kaartjies kos R250 met ’n spesiale aanbod vir alle studente: Toon jou studentekaart by die kaartjieskantoor en kwalifiseer vir ’n gratis piekniek-graskaartjie, beskikbaar van 16:00 op 16 Februarie.

Bespreek deur Computicket of by 021 809 7380.

Wen!

Vyf gelukkige Eikestadnuus-lesers staan ’n kans om dubbelkaartjies vir die vertoning van Robbie Wessels te wen.

Om in te skryf, noem jou gunsteling- Robbie Wessels-liefdesliedjie en stuur jou antwoord na: theatre@oudelibertas.co.za teen Saterdag 15 Februarie om 13:00.

Die teater sal die wenners met die reëlings kontak.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Eikestadnuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.