Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vier nuwes tot US raad verkies
Prof. Joan Hambidge is vir die termyn 2 April 2018 tot 1 April 2020 verkies.

Die konvokasie van Universiteit Stellenbosch (US) het vier nuwe lede verkies om in die universiteitsraad te dien.

Charl Cillié, adv. Jean Meiring en Johan Theron is vir die termyn 2 April 2018 tot 1 April 2022 verkies. Prof. Joan Hambidge is vir die termyn 2 April 2018 tot 1 April 2020 verkies.

Lede van die konvokasie is genooi om benoemings in te dien vir die vier vakatures in die raad. Aangesien meer as drie kandidate vir die vierjaartermyn benoem is en meer as een vir die tweejaar­termyn, het die verkiesingsproses vir die twee onderskeie termyne gelyktydig geloop.

Die stemming het op 30 April 2018 om 12:00 gesluit. Die geldigheid van die stembriewe is nagegaan en bevestig.

Cillié is die besturende direkteur by Infinity Web Solutions. Adv. Meiring is ’n advokaat en lid van die Johannesburgse balie (vereniging van advokate).

Theron is ’n kommersiële litigant by Werksmans Prokureurs.

Hambidge is ’n professor in Afrikaans en kreatiewe skryfwerk aan die Universiteit van Kaapstad.

Hambidge en Theron het vantevore in die raad gedien.
. Die Universiteit Stellenbosch hersien tans sy statuut wat onder meer die samestelling van sy statutêre liggame bepaal. Belanghebbers en lede van die publiek wat kommentaar wil lewer op die konsepdokument kan die volgende skakel volg: www.sun.ac.za/statuut.

Kommentaar kan na 2 statuut@sun.ac.za gestuur word. Die sluitingsdatums vir bydraes is 28 Mei 2018.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.