Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Village-museum spoor jeug aan

Die Stellenbosch Village-museum het onlangs sy toespraakkompetisie afgesluit met ’n byeenkoms van die agt finaliste.

Kylemore Sekondêr, Cloetesville Sekondêr en Hoërskool Luckhoff het almal leerders gehad wat vir die kompetisie ingeskryf het.

Uiteindelik was dit Anei Vermeulen, ’n gr. 11-leerder van Hoërskool Luckhoff, wat met die louere weggestap het.

Vermeulen sê sy was suksesvol in die oefening om haar herkoms te vind en die gevoel om nog die kompetisie te wen, is onbeskryflik. “Ek het gekies om te gaan soek waar my herkoms lê. Dit is ’n opwindende oefening om te gaan soek waar jy vandaan kom en waar jou wortels lê. Dit het gehelp om my identiteit te vind omdat ek eintlik besef het ek weet niks van my herkoms nie,” vertel Vermeulen.

Die naaswenner was Natlee Jacobs van Cloetesville Sekondêr, terwyl Candice-Lee Abramch van Kylemore Sekondêr derde was.

Fiona van Kerwel, die Wow-projekbestuurder, het die wenners en deelnemers gelukgewens en vir die hoë standaard van inskrywings wat hulle ontvang het, bedank.

“Dit was ’n wonderlike ervaring vir die leerders en vir ons wat die kompetisie gereël het. Dit was die eerste kompetisie van sy soort en ons hoop om dit ’n jaarlikse instelling te maak,” het Lamees Petersen gesê.

Petersen het ook Van Kerwel en Ricky Brecht van die Universiteit Stellenbosch bedank vir hul rol as beoordelaars.

Wow het ook die projek geborg.

Leerders het saam die finalis-inskrywings geniet en mekaar met luide applous gelukgewens.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Eikestadnuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.