Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vreemde tas het hele dorp op hol

Groot konsternasie het Dinsdag­middag voor die stadsaal geheers waar die Afrikaanse sanger, Coenie de Villiers, vir ’n optrede by die US Woordfees gereed gemaak het.

’n Verdagte tas, sonder ’n eienaar, is by die polisie aangemeld en daar was in ’n stadium selfs gerugte wat die ronde gedoen het van ’n man met ’n selfmoordbom aan sy lyf.

Veiligheidspersoneel het die deel van Pleinstraat voor die stadsaal afgesper en selfs mense uit geboue en restaurante ontruim.

Deskundiges van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se honde- en bomopruimingseenheid het die gebied gefynkam en ook die inhoud van die tas, wat toe onskadelik geblyk het, ondersoek.

’n Veiligheidsbeampte op die toneel het gesê die eienaar van die tas wou sy eiendom opeis, maar dit is van hom geweier aangesien die SAPD eers wou seker maak dat niks skadelik in die tas versteek is nie.

Kapt. Nathalie Martin, die woordvoerder van Stellenbosch-polisie, het die voorval bevestig.

“Ons het omstreeks 13:00 Dinsdag ’n oproep ontvang oor ’n onbekende verdagte bruin tas wat by die parkering voor die ingang van die stadsaal staan.

“Die SAPD se honde-eenheid, die bom-opruimingseenheid van Kaapstad en Stellenbosch se eie polisielede is na die toneel ontbied en dit was negatief. Die omgewing is afgesper en ontruim,” het sy gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.