Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
‘Vriende’ span saam

Tunes Studio in samewerking met Showlive bied Ashley Hilton & Friends aan.

Dit is die derde konsert in die Mezzanine Sessions-reeks.

Ashley Hilton & Friends is ’n produksie wat bestaan uit vyf vryskutmusikante wat besluit het om saam te werk om Ashley Hilton (baskitaarspeler van die Jan Blom-band) se solo- en oorspronklike materiaal ten toon te stel.

Dié vertoning sluit ook twee van Ashley se komposisies in wat hy vir Son of Hawk geskryf het (vorige groep vir wie hy gewerk het). Die vryskutmusikante is Ashley Hilton (stem en kitaar), Basson Laubscher (kitaar), Luke Smith (klawerbord), Mark Ellis (baskitaar) en Jean Marais (tromme).

Hierdie vyf vryskutmusikante word onder meer verbind met bekende kunstenaars soos Valiant Swart, Riku Làtti en Die Wasgoedlyn, Jan Blohm, Jake Gunn, The Violent Free Piece en The Gambles.

Mezzanine Sessions is ’n voortdurende reeks konserte wat regstreeks gestroom word van Tunes Studio in Stellenbosch. Hierdie is die derde konsert van die reeks en 20% van die netto inkomste gaan aan die Stellenbosch-nagskuiling. Met elke optrede word ’n porsie van die inkomste aan liefdadigheid bewillig.

Die konsert vind Vrydag (24 Julie) om 19:30 plaas en die optrede word deur die plaaslike tuisnywerheid, Local Spens, geborg wat kos aan die musikante en medewerkers verskaf.

V Kaartjies is teen R50 op www.showlive.co.za beskikbaar. Donasies word ook aanvaar.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Eikestadnuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.