Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vroue daar om mekaar te help
Die bestuur van Cloetesville Women Empowerment saam met die stigterslid, Tasneem Abdol, Varonique Benjamin, Jessica van Wyk, Claudine Loggerenberg, Theresa Gordon en Wynanda Brinkhuis. Foto: Elmarine Anthony

’n Vrouebemagtigingsorganisasie sonder winsbejag wat reeds in 2016 geregistreer is, is Sondag 6 September weer in Cloetesville bekend gestel.

Die bekendstelling van Cloetesville Women Empowerment het in die AME-kerk plaasgevind en is deur verskeie vroue uit die gemeenskap bygewoon.

Die organisasie is aanvanklik deur Wynanda Brinkhuis gestig wat ’n jeugwerker in Cloetesville was. “Cloetesville Women Empowerment het vanweë my werk met die jeug ontstaan. Ek het besef jy kan nie net met die kind en nie met die ouers werk nie. My hartsbegeerte was nog altyd om die ouers van die kinders ook te ken. Ek moedig almal aan om die organisasie tot die voordeel van die gemeenskap te gebruik.”

Die organisasie was die afgelope paar jaar onaktief totdat die gemeenskapswerker Magdalene Blankenberg die nood tydens die nasionale inperking raakgesien het.

Volgens Blankenberg fokus die organisasie op vrouebemagtiging, om slagoffers van geweld by te staan, armoedeverligting en vaardigheidsopleiding- en ontwikkeling.

“Ons is ingeperk, maar niks het verhoed dat ons vroue seergekry het nie. Die organisasie het alreeds slagoffers van geweld tydens die inperking gehelp en ons gaan ons bes probeer om daarmee voort te gaan.

“Ons sê genoeg is genoeg. Ons gaan nou sterk staan en teen geweld teen vroue en kinders in Cloetesville opstaan. Ons het gesien hoe erg geslagsgeweld in die grendeltyd was.”

Blankenberg het ’n groep jong vroue uit die gemeenskap genader om in die organisasie se bestuur te dien. Die vroue het reeds tydens die inperking met bewusmaking by ’n sopkombuis hier begin.

“Covid-19 en die inperking het ons baie geleer. Dit het ons geleer hoe om met mense te werk, hoe om jou laaste met ander te deel en hoe om vir jou bure om te gee,” volgens Blankenberg.

Jessica van Wyk, voorsitter van Cloetesville Women Empowerment, het gesê die organisasie gaan ook baie op die jeug fokus. “Die jeug in ons gemeenskap is in baie dinge vasgevang. Ons as jong vroue en moeders wil graag ’n verandering in die gemeenskap meebring en kyk hoe ons jongmense kan bemagtig en hoe ons ’n impak op hul lewe kan maak.”

Van Wyk moedig die gemeenskap aan om die organisasie te ondersteun en om saam te staan. “Covid-19 het baie nadele gehad. Dinge het swaar gegaan. Ons moet hande vat en saamstaan.”

Volgens Van Wyk wil die organisasie na alle vroue se behoeftes omsien. “Ons wil vroue met spesiale behoeftes ook bemagtig asook bejaardes. Die organisasie is daar vir alle vroue. Ons (vroue) kom deur baie dinge, maar ons glimlag altyd deur ons seer. Daarom moet ons na alle vroue se behoeftes kyk.”

* Indien jy betrokke wil raak of hulp benodig, stuur e-pos na m.blankenberg47@gmail.com of na abdoltasneem47@gmail.com.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Eikestadnuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.