Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vroue leer baie by inspirasiedag

Eikestadnuus se jaarlikse inspirasiedag vir vroue is verlede week met groot sukses op die Zarose-olyflandgoed in Devonvallei aangebied.

Altesaam 155 vroue het die glansgeleentheid, wat aangebied is om geld vir die Hanna Charity and Empowerment Foundation in te samel, bygewoon. Dit was die tweede jaar dat hierdie geleentheid aangebied is.

Geleentheidsprekers by die inspirasiedag was Aleit Swanepoel van die Aleit-groep, die grimeerkunstenaar Alicia Buckle, die kosskrywer en -stilis Heleen Meyer, en Yolandé Swanepoel van die Isa Carstens Academy.

Leah, die gewilde Afrikaanse sangeres en aanbieder van die nuwe Boer soek ’n Vrou-program, was die gaskunstenaar en het die gaste met liedjies van haar nuwe CD, Kyk vir my, sowel as ou bekende gunstelinge vermaak.

Elsabe Daneel, Stellenbosse televisie-aktrise, stemkunste­naar, kommunikasiekundige en sepiester, was die gasvrou vir die elegante dag op Zarose.

By die geleentheid is Marthie Nel Hauptfleisch en Danolene Johannesen as inspirerende vroue vereer.

Talle borge het die dag ondersteun. Die vyfgangete is voorberei en bedien deur studente van die Private Hotel School en tafels is versorg deur studente van die Aleit-groep se akademie.

Kyk in volgende week se Eikestadnuus vir nog foto’s en stories van die dag.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.